Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Het William en Catherine prins George se eerste kruipslag misgeloop?

$
0
0


Prins William en hertogin Catherine het glo hul seun, prins George, se eerste kruipslag vroeër vandeesmaand misgeloop, want hulle het op die Maldive-eilande vakansie gehou terwyl Catherine se ouers hom opgepas het.

Die koninklike egpaar, wat onlangs ’n romantiese wegbreek op die Maldive-eilande geniet het, het blykbaar ’n groot mylpaal in hul agt maande oue baba se vormingsjare misgeloop terwyl hulle weg was.

Prins George se oupa en ouma Michael en Carole Middleton het by Catherine se gesinshuis in Bucklebury, Berkshire, na hom gekyk terwyl sy ouers ’n welverdiende ruskans by die vyfsteroord Cheval Blanc Randheli gekry het.

’n Bron het aan Us Weekly gesê: “William en Kate is opgewonde oor die vele mylpale wat voorlê. George het reeds ’n tandjie wat uitkom. En sy wange is ronder as ooit!”

Die egpaar het ’n romantiese tyd saam op die Maldive-eilande geniet voor ’n drie week lange koninklike besoek aan Australië en Nieu-Seeland volgende maand.

Die prinsie sal saamreis en sy nuwe Spaanse oppasser, Maria Teresa Turrion Borrallo, sal na hom omsien.

Die 43-jarige kinderoppasser wat William (31) en Catherine (32) onlangs aangestel het, is by die Norland College in Londen opgelei.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>