Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sjokolade-torte

$
0
0

Dié ryk vierlaagkoek met sy ganache-versiersel lyk altyd treffend.

Lewer 1 koek (12 snye)
Bereiding: 30-40 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute

KOEK
155 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
250 ml (1 k) bruinsuiker
125 ml (½ k) room
2 eiergele
200 g botter, versag
250 ml (1 k) witsuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 heel eiers, liggies geklits
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) bruismeel
180 ml (¾ k) melk
3 eierwitte
GANACHE
300 g donkersjokolade
300 ml room
AFRONDING
12 sjokoladetruffels

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 ronde 23 cm-koekpanne en voer die bome met bakpapier uit. Smeer die papier ook.

KOEK Plaas die sjokolade, bruinsuiker, room en eiergele in ’n glasbak oor ’n kastrol kookwater en verhit. Roer heeltyd tot die mengsel glad is. Verwyder die kastrol van die hitte en laat effens afkoel. Klits die botter, witsuiker en vanielje saam tot lig en donsig. Voeg die eiers geleidelik by terwyl gedurig geklits word.
Sif die meel en bruismeel oor die bottermengsel.
Voeg die sjokolademengsel en melk by en meng goed.
Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm en vou dit by die sjokolademengsel in. Giet die beslag in die voorbereide koekpanne en bak 40 minute of tot gaar. Laat die koeke 5 minute in die panne afkoel en keer dit dan op afkoelrakke uit.
GANACHE Verhit die sjokolade en room in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater tot die sjokolade heeltemal gesmelt het. Plaas in die yskas.
Klits elke 5-10 minute met ’n handklitser tot die mengsel ’n smeerbare dikte het.
Sny elke koeklaag horisontaal deur en plak die lae aanmekaar met die ganache. Smeer die res van die ganache bo-op en aan die kante.
AFRONDING Plaas die truffels op gelyke afstande om die buiterand van die koek as versiering.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>