1. Stemmingsbeligting
Dit staan ook as algemene beligting bekend en voorsien ’n gebied van algehele verligting. Dit is óf die natuurlike lig deur jou vensters óf die lig wat as plaasvervanger vir natuurlike lig dien. Dit straal ’n gemaklike vlak van helderheid uit wat jou in staat stel om veilig van plek tot plek te beweeg. As die hoofbron van lig, sal dit kandelare, plafon- of muurtoebehore en versonke of spoorligte insluit.
Foto’s oorgespeld van: improvisedlife.com en houzz.com
2. Taakbeligting
Dit is aanvullend tot algemene beligting en maak voorsiening vir meer gespesialiseerde take soos lees of kosbereiding. Taakbeligting werk die beste wanneer dit saam met algemene beligting gebruik word. Voorbeelde daarvan is onder meer lessenaarlampe, onderkabinetbeligting soos fluoor- of LED-ligte en leesligte bo ’n bed.
Foto’s oorgespeld van: jenniferpricestudio.com en numberfoureleven.blogspot.com
3. Aksentbeligting
Aksentbeligting verleen drama en interessantheid aan ’n vertrek. Dit word gebruik om die oog na spesifieke areas of teksture te trek. Daarvoor benodig jy minstens drie keer soveel ligte as wat jy vir algemene beligting sou gebruik het. Voorbeelde van hierdie soort beligting is onder meer versonke, kol- en spoorligte en muurblakers of fotoligte.
Foto’s oorgespeld van: remodelista.com en Kathleen Jacobson
4. Kinetiese beligting
Dis beligting wat “beweeg”. Voorbeelde hiervan is ’n brandende kers of aangesteekte kaggel. Hierdie soort beligting gee ’n plek warmte en stemming. Daar is eindelose maniere hoe jy kerse kan uitstal, van teeliggies in flesse en hangende glasbakke tot houttafelhouers.
Foto’s oorgespeld van: tarzmeselesi.net en flickr.com
5. Dekoratiewe beligting
Maak ’n stelling oor jou individuele styl en beïnvloed die luim van die ruimte. Hierdie soort beligting word dikwels in ’n ingangsportaal, eetkamer of slaapkamer gebruik. As algemene reël moet dekoratiewe beligting altyd kan verdof.
Foto’s oorgspeld van: Life Love and CZ en Barbara Quast Interior Design