’n Baba met twee koppe is verlede week in Nelspruit by die Rob Ferreira-hospitaal gebore, berig Mpumalanga News.
Hospitaalpersoneel was na bewering geskok en onkant gevang deur die tweeling. Besonderhede oor die baba en moeder is nog onbekend.
Ronnie Masilela, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, het aan Die Burger gesê die ma wil geen kommentaar lewer nie en dat ’n besluit oor moontlike operasies vir die baba nog nie geneem is nie.
Normaalweg sal ’n siamese tweeling geskei word. ’n Siamese tweeling word gevorm wanneer ’n bevrugte eiersel verdeel om ’n tweeling te vorm, maar dié verdeling nie voltooi word nie.
Sowat een uit elke 50 000 tot 100 000 geboortes is ’n Siamese tweeling.