Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kan ’n man soos ’n vrou klink wanneer hy skree?

$
0
0

Was dit die gille van ’n vreesbevange Reeva Steenkamp of ’n angsbevange Oscar Pistorius wat op Valentynsdag verlede jaar deur die Silver Woods-landgoed weergalm het?

Getuies het beweer dat hulle ’n vrou daardie aand om hulp hoor skree het, maar volgens Oscar se verdediging was dit hy wat geskree het; hulle hou vol hy klink soos ’n vrou wanneer hy angsbevange is.

Monique Rissen-Harrisberg, die hoofuitvoerende beampte van The Voice Clinic, sê dis onwaarskynlik dat ’n man soos ’n vrou kan klink wanneer hy skree. Daar is wel mans met ’n hoë stem, maar dit is bitter moeilik om ’n man soos ’n vrou te leer skree.

’n Gespanne man sal die geluidsterkte van sy stem vermeerder, terwyl ’n vrou se stem in ’n gil sal verander. Monique voeg by dat ’n man nie regtig soos ’n vrou kan klink wanneer hy skree nie. “Vroue se gille het ’n hoër toonhoogte as mans s’n.”

Tog het adv. Barry Roux in die hof gesê die verdediging gaan bewyse lewer wat bevestig dat Oscar wel soos ’n vrou klink wanneer hy skree. “Ek stel dit aan jou dat dit wel so klink. Daar is desibeltoetse gedoen,” het hy aan die radioloog Johan Stipp gesê toe dié getuig dat hy ’n vrou se gille gehoor het.

Barry het bygevoeg die aard van Reeva se beserings het beteken sou nie kon nie skree nie.

-Petro-Anne Vlok

Bronne: news24.com, thevoiceclinic.co.za, iol.co.za


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>