VULSEL
2 blikke (185 g elk)
tuna
1 blik (400 g) pitmielies,
gedreineer
250 ml (1 k) gerasperde
mozzarellakaas
80 ml (1∕3 k) mayonnaise
sout en peper
FILO
1 rol filodeeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- VULSEL Meng al die bestanddele. Geur met sout en peper.
- FILO Verf ’n vel filodeeg met gesmelte botter en plak nog een bo-op.
- Sny die filo in 3 stroke en plaas van die mengsel op elke strook.
- Rol die deeg een keer om, vou die kante in en rol verder op. Herhaal met die res.
- Verf met die botter en bak 15 minute.
- Sit voor met soet rissiesous.