Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Oscar-saak: Vrae oor krieketkolf

$
0
0

Die groot vraag wat vandag tydens Oscar Pistorius se moordverhoor gevra is, is die lengte van die persoon wat die toiletdeur, waaragter Reeva Steenkamp was, met die krieketkolf geslaan het.

Lt.kol. Johannes Vermeulen het vanoggend begin getuig oor die deur sowel as die krieketkolf wat Oscar gebruik het. Daar was ’n struktuur in die hof waarin die deur vasgemaak is. Die struktuur se agterkant is ’n voorstelling van die toiletvertrek waarbinne Reeva was.

Daar was twee merke op die deur wat Oscar se aandag getrek het. Dit is die merke waar hy die deur met die krieketkolf getref het toe hy dit probeer oopbreek het. Vir die een merk moes die persoon aan die linkerkant gestaan en van die kant af geslaan het, en met die tweede merk het die persoon die deur van voor af geslaan.

Johannes het die slaan-aksie ’n paar keer gedemonstreer.

Wanneer hy regop gestaan het, het hy bo die merk geslaan. Wanneer hy gebuk het, het hy die merk getref.
Vermeulen het getuig dat Oscar nie sy prostese aangehad het toe hy die deur met die krieketkolf geslaan het nie. In sy verklaring tydens sy borgaansoek het hy gesê hy het sy prostese gaan aantrek voor hy die deur met die kolf oopgeslaan het.

Tydens die teepouse het Oscar se regspan die deur uit verskillende hoeke met die kolf geslaan. Barry Roux het gewys jy kan die merk tref as jy net effe verder van die deur af staan.

- Hilda Fourie


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>