500 g boerewors
4 pitabrode, oopgesny
125 ml (½ k) mayonnaise
1 rooi-ui, in ringe gesny
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
2 jalapeño’s, in skyfies gesny
30 ml (2 e) botter
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Versprei die wors op ’n bakplaat en braai 30-35 minute of tot gaar. Sny in lang skyfies.
- Smeer die pitabrode met die mayonnaise.
- Pak die ui, worsskyfies, kaas en jalapeño’s op 4 van die broodhelftes.
- Bedek met die ander 4 helftes en smeer die bokante met die botter.
- Bak 10-15 minute tot die kaas smelt. Sny en sit voor.