4 patats, gewas
olyfolie
KOESKOES
375 ml (1½ k) koeskoes
60 ml (¼ k) koljanderpesto
15 ml (1 e) olyfolie
2 wiele fetakaas, in blokkies
15 ml (1 e) suurlemoensap
sout en peper
Verhit die oond tot 180 °C.
- Pak die patats op ’n bakplaat; besprinkel met die olie. Oondbraai 30-45 minute.
- Sny die bokant van die patats af; hol effens uit.
- Koeskoes Maak dit gaar volgens die aanwysings.
- Meng die res van die bestanddele by; geur met die sout en peper.
- Skep die koeskoes in die patats en sit voor saam met Griekse jogurt en koljanderblare.