Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kenner: Oscar het uitdy-koeël gebruik

$
0
0

Die hooggeregshof het Maandag gehoor die koeëls wat uit Oscar Pistorius se vuurwapen afgevuur is en Reeva Steenkamp se dood veroorsaak het, staan as uitdy-koeëls bekend.

Die koeëls is ontwerp om die meeste weefselskade moontlik aan te rig, het die patoloog prof. Gert Saayman getuig.

So ’n koeël veroorsaak ernstige skade en gaan oop wanneer dit menslike weefsel tref.
Dokters weet hulle moet versigtig wees wanneer hulle sulke wonde behandel, want hulle kan hulself aan die projektiel sny.

Oscar het kop onderstebo in die hof gesit en sy gesig met sy hande bedek.

Hy het sy ore toegedruk en naar geword toe Saayman grafiese getuienis lewer.

Reeva het ’n blou verkleuring aan haar regterbinneboud gehad, wat veroorsaak kon geword het deur die koeëlwond aan haar regterheup.

“Maar geen projektiel kon gevind word nie,” het Saayman gesê.

Daar was ook ’n rooierige kneusplek aan haar regtertepel.

Die hof het gehoor dat Saayman ’n paar kneusplekke aan haar liggaam gevind het wat nie ’n gevolg van die skietery was nie.

Haar boonste ooglede was blou-rooierig en daar was sagteweefsel-swelsel, maar geen besering aan haar oë nie.

Die is nie veroorsaak deur direkte trauma nie, maar ’n skedelfraktuur.

Terwyl Saayman verduidelik het dit kon bloed gewees het wat uit die skedel gelek het, het Oscar harde braakgeluide gemaak.

Daar was ook kneusplekke aan haar regterbobeen wat nie met die skietery verbind word nie en agter haar linkerknie en -skeen.

Oscar staan tereg vir die moord op Reeva, wat op 14 Februarie verlede jaar deur ’n geslote badkamerdeur in sy huis in Pretoria geskiet is. Hy sê hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!