Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Suzuki se sakpas-sedan

$
0
0

Suzuki_front

Suzuki het die Swift-reeks uitgebrei met die toevoeging van ’n nuwe sedanweergawe. Die nuwe vierdeursedan staan bekend as die DZire en bied meer ruimte as die luikrug-weergawe – die bagasiebak beslaan 300 L.

Die nuweling het ’n 1,2 L-petrolenjin en is beskikbaar met ’n keuse van ’n outomatiese of handratkas.

Dié nuwe kragbron behaal ’n maksimum-kragsyfer van 63 kW by 6 000 r/min, met ’n gepaardgaande wringkragpiek van 113 Nm by 4 500 r/min.

Brandstofverbruik vir die handrat-weergawe is 5,7 L/100 km, terwyl die outomatiese model 6,3 L/100 km lewer.

Suzuki_rear

Die nuwe Suzuki Swift DZire word met ’n keuse van twee spesifikasievlakke gebied: die GA-intreevlakmodel, en die meer volledig toegeruste GL-weergawe.

Die GA is gemik op waardebewuste kopers met ’n beperkte begroting, terwyl die GL ’n langer lys van weelde- en geriefkenmerke bied.

Standaardkenmerke vir die GA-model sluit onder meer in kragstuur, lugversorging, vier luidsprekers wat maklik aan ’n opsionele klankstelsel gekoppel kan word en twee lugsakke voor.

Die luukser GL-model het misligte voor, elektries verstelbare kantspieëls, elektriese vensters, ’n klankstelsel, kontroles op die stuurwiel en afstandbeheerde sentrale sluiting met sleutellose toegang. Die GL het ook twee lugsakke voor, maar word bykomend met ABS-remme toegerus.

Albei modelle het ’n diensplan van twee jaar of 30 000 km en ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km.

Pryse:

  • DZire 1,2 GA R128 900
  • DZire 1,2 GL R138 900
  • DZire 1,2 GL Auto R153 900

Suzuki_inside


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>