Dr. Denise Björkman, ’n plaaslike lyftaal- en gedragskenner, ontleed al langer as 30 jaar groot terrorisme- en misdaadsake en die massamedia het haar al gebruik om verkiesings en kandidate in Brittanje en Amerika te ontleed. Sy ontleed die eerste getuie, Michelle Burger, se gedrag.
Michelle Burger
Die eerste getuie het duidelik gepraat en sy was seker in haar antwoorde; sy het sterk oortuigings.
Haar praatstyl getuig daarvan dat sy eerlik gepraat het oor wat sy ervaar het.
Haar getuienis was duidelik baie belangrik vir Barry Roux, aangesien hy haar herhaaldelik dieselfde vraag gevra het, al het sy hom geantwoord. Barry Roux ontleed graag woorde – dit is hoe hy Michelle telkens probeer verstrik het.
Tog is sy standvastig as ’n getuie. Michelle se praatstyl strook met wat sy waarneem.
Sy kommunikeer soos iemand wat hoogs intelligent is; dit word weerspieël in die vloei en hoeveelheid detail wanneer sy praat.
Sy het verkies om nie op televisie te verskyn nie, dit is dus nie moontlik om haar lyftaal te ontleed nie.
KLIK HIER vir ‘n ontleding van Oscar Pistorius se lyftaal by die verhoor.