Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Akteurs wat moontlik vanjaar ’n Oscar gaan wen

$
0
0

“Vanjaar se wedstryd om ’n Oscar is die sterkste wat dit nog ooit was.”

Só glo die rolprentfoendi en Huisgenoot-resensent Leon van Nierop, wat sê dat niemand verbaas moet wees as twee akteurs by vanjaar se Oscars in een kategorie ’n prys moet deel nie.

“Dit het nog net een keer vantevore gebeur, toe Barbra Streisand en Katherine Hepburn dit in 1968 deel; dalk gebeur dit hierdie jaar weer, omdat dit waarlik moeilik is om te sê wie gaan wen,” sê hy.

Wie gaan Sondag (2 Maart) die Oscar-beeldjie vir beste akteur, aktrise, manlike byspeler en vroulike byspeler wen? Hier is Leon se voorspellings.

BESTE AKTEUR 

Die benoemings:
Bruce Dern – Nebraska
Chiwetel Ejiofor – 12 Years A Slave
Christian Bale – American Hustle
Leonardo DiCaprio – The Wolf of Wall Street
Matthew McConaughey – Dallas Buyers Club

Leon se voorspelling:
“Chiwetel en Matthew gaan toutrek, maar eindelik sal Matthew wen; sy spel is verstommend. Hy’t ’n gevaarlike aantal gewig verloor vir die rol en eintlik, letterlik, alles uitgehaal om sy eerste Oscar te wen.”

Die buiteperd:
“Dit sal ’n verrassing wees as Leonardo wen – hy was baie goed – maar ek dink nie hy staan dié jaar ’n kans nie.”

BESTE AKTRISE

Die benoemings:
Amy Adams – American Hustle
Cate Blanchett – Blue Jasmine
Judi Dench – Philomena
Meryl Streep – August: Osage County
Sandra Bullock – Gravity

Leon se voorspelling:
“Hollywood en die Oscars-beoordelaars is lief vir Amy en Judy, maar Cate neem die voortou. Woody Allen (die regisseur van die rolprent waarin Cate speel) het slegte publisiteit gekry vanjaar, maar ek dink nie dit gaan Cate se kanse belemmer nie. Van al die rolle speel sy die moeilikste een – en sy vertolk dit meesterlik.”

Die buiteperd:
“Meryl is Cate se grootste kompetisie, maar ek dink Cate was só goed dat Meryl nie ’n kans staan nie.”

BESTE MANLIKE BYSPELER 

Die benoemings:
Barkhad Abdi – Captain Phillips
Bradley Cooper – American Hustle
Jared Leto – Dallas Buyers Club
Jonah Hill – The Wolf of Wall Street
Michael Fassbender – 12 Years A Slave

Leon se voorspelling:
“Definitief Jared. Die feit dat hy nie van sy karakter, ’n transvestiet, ’n stereotipe maak nie, en dit met waardigheid, respek en diepte uitbeeld, maak van hom die wenner. Hy’t ook jare laas in ’n rolprent verskyn. Die beoordelaars hou daarvan as akteurs so verdwyn en later weer met ’n skittervertoning tot die grootskerm terugkeer.”

Die buiteperd:
“As ek kon, sou ek vir Barkhad ’n Oscar gee; sy spel is koelbloedig. Dis noemenswaardig dat dit sy eerste rol is; die Oscars se beoordelaars hou daarvan om vir uitstekende debuutvertolkings ’n prys te gee.”

BESTE VROULIKE BYSPELER

Die benoemings:
Sally Hawkins – Blue Jasmine
Jennifer Lawrence – American Hustle
Lupita Nyong’o – 12 Years a Slave
Julia Roberts – August: Osage County
June Squibb – Nebraska

Leon se voorspelling:
“Jennifer Lawrence is die nuwe Meryl Streep – en sy is ’n fenomeen. In American Hustle het sy ’n stresprinses ongelooflik realisties vertolk, en dit tegelykertyd toeganklik vir die kyker gemaak. Mens kan nie glo dieselfde akteur wat in The Hunger Games speel, speel só goed in ’n rolprent soos American Hustle nie.

“Ek moet bysê: Die Oscar vir beste vroulike byspeler kan vanjaar gedeel word: Lupita kan dit ook wen. Wanneer die stemme getel word, sal dit waarskynlik met tussen agt en 10 stemme verskil, maar moenie verbaas wees as die uitslag gelykop is nie. Lupita is ’n uitstekende akteur, maar dit tel dalk teen haar dat 12 Years a Slave haar eerste rol is; die beoordelaars mag dalk sê sy moet nog haar slag, soos Jennifer, bewys. Aan die keersy tel dit ook teen Jennifer dat sy verlede jaar ’n Oscar vir beste aktrise gewen het.”

– Christiaan Boonzaier


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>