500 ml (2 k) witsous
250 g lasagnevelle, in kookwater geweek
500 g botterskorsie, gaar en in blokkies gesny
5 ml (1 t) komyn
sout en peper
4 hoenderborsies, gaar en gepluis
100 g mozzarellakaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Smeer van die witsous in ’n oondbak en pak ’n paar lasagnevelle bo-op.
- Meng die botterskorsie, komyn, sout en peper.
- Skep die botterskorsie op die lasagne, gevolg deur die witsous, lasagnevelle en die hoender.
- Herhaal die lae en eindig met die lasagne en witsous.
- Sprinkel die mozzarellakaas oor en bak 35 minute.
- Rond af met roketblare indien verkies.
WENK: Pleks van botterskorsie kan jy ook skywe gaar eiervrug saam met tamaties beproef.