Genoeg vir 6
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
30 ml (2 t) olie
1 kg beesvleisblokkies
1 groot ui, in kwarte gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
125 (½ k) rooiwyn
500 ml (2 k) beesaftreksel
1 kaneelstokkie
2 naeltjies
5 ml (1 t) rissievlokkies
6 tortillas
boonste laag van jou keuse
koolslaai vir bediening
- Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en maak die beesvleis in bietjies-bietjies bruin. Plaas al die vleis terug in die kastrol, roer die ui en knoffel by en laat 2 minute kook.
- Gooi die rooiwyn en aftreksel by en voeg die kaneel, naeltjies en rissievlokkies by. Laat dit stadig twee uur lank kook terwyl jy elke halfuur roer, of tot die vleis maklik in repies breek.
- Skep die vleis uit die kastrol en breek in stukkies met twee vurke of sny in dun repies.
- Rooster die tortillas 2 minute aan elke kant in ’n warm, droë pan.
- Skep die vleis op die tortillas saam met ’n klein bietjie van die kookolie. Voeg boonste laag van jou keuse by, rol toe en sit voor saam met koolslaai.