Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gelukwensinge stroom in vir eensame seuntjie

$
0
0

’n Amerikaanse ma wou graag seker maak haar seun voel geliefd op sy elfde verjaardag. Sy het toe ’n Facebook-blad geskep waarop mense vir hom bemoedigende boodskappies kan skryf en die gevolg was verstommend!

“Weens Colin se gestremdhede, is sosiale vaardighede nie vir hom maklik nie en hou die ander kinders nie van hom nie,” skryf Jennifer Cunningham op die Facebook-blad Happy Birthday Colin. “Toe ek hom vra of hy ’n partytjie vir sy verjaardag wil hê, het hy gesê dit is sinneloos, want hy het geen vriende nie.” Die doel van die bladsy, skryf sy, is om haar “unieke seun” spesiaal te laat voel op sy verjaardag, 8 Maart.

Jennifer kon nie voorsien hoe vinnig dié blad sou groei nie. Colin se storie roer wêreldwyd die hartsnare en meer as twee miljoen mense hou al van die blad. En die verjaardagboodskappe stroom in! Mense wêreldwyd skryf vir Colin boodskappies op Facebook, maar dis nie al nie. Daar word geluk gesê op YouTube-video’s en die spesiale posbus wat Jennifer moes kry vir die geleentheid is elke dag propvol koeverte en pakkies.

Die spesiale posbus wat Jennifer moes kry vir die geleentheid is elke dag propvol koeverte en pakkies

Die spesiale posbus wat Jennifer moes kry vir die geleentheid is elke dag propvol koeverte en pakkies

Daar bly skaars drie week oor voor sy verjaardag, maar Colin vermoed nog niks. In ’n video wat Jennifer op die bladsy gelaai het, vra sy hom hoeveel geskenke hy verwag en antwoord Colin “Twee.” Sy vra dan: “Wat as ek vergeet van jou verjaardag?” Colin: “Ek weet nie, seker niks!”

Jy kan ook vir Colin ’n Suid-Afrikaanse gelukwensing los op die Facebook-bladsy.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>