Te jonk vir die Ultra Music Fest wat op Valentynsdag in Kaapstad en die dag daarna in Johannesburg gehou word? Daar’s nie fout nie. Sony Music en Ultra Music gaan die eerste Ultra South Africa-samestelling uitreik met snitte en heruitgawes deur die meeste bekendes op dié fees, onder wie die Nederlandse platejoggies Tiësto en die sanger van die treffer Animals, Martin Garrix, Nicky Romer, Krewella en ons eie Mi Casa en Goldfish. Jy kan ook die Ultra South Africa 2014 Compilation aflaai op iTunes: http://smarturl.it/UltraSA2014.