Is jy ook gek oor die liedjie Chelsea Blakemore van die Kaapse groep Beatenberg? Hier is vyf feite oor dié sexy driestuks:
- Matthew Field (sang, kitaar), Ross Dorkin (baskitaar) en Robin Brink (tromme) het dié Kaapse groep in 2008 gestig. Matthew het die idee vir die groep se naam gekry nadat hy ’n skets gesien het van die Switserse dorpie Battenberg in ’n boek oor moderne kuns deur die Switsers-Duitse ekspressionistiese kunstenaar Paul Klee.
- Hul treffer Chelsea Blakemore is geïnspireer deur Ross se eksmeisie en ’n vriendin van die groep.
- Hulle word beïnvloed deur jazz, klassieke musiek en wêreldmusiek, kunstenaars, skrywers en digters, en sal graag wil saamwerk met die plaaslike vervaardiger en platejoggie Black Coffee en die Koreaanse sanger Psy.
- Hulle sê hul aanhangers sal verbaas wees oor hoe vreemd hul humorsin soms kan wees. Hulle hou van Instagram en het die vreemde gewoonte dat hulle graag in deftige restaurante eet.
- Hul snit Pluto (Remember You), in samewerking met DJ Clock, is ’n groot treffer op Suid-Afrikaanse radiostasies.