Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ons is dol oor Teen Wolf se Tyler Posey en Tyler Hoechlin

$
0
0

Vergeet van Twilight se Jacob Black – dis nou dié twee Teen Wolf-hartebrekers wat ons knieë lam maak!

  • Die trefferreeks het sy lewe verander, sê die 22-jarige Tyler Posey. Hy sê al kan hy nie juis straataf stap sonder om herken of afgeneem te word nie, kan hy “die wêreld platreis. Ek is baie geseën”.
  • Volgens gerugte gaan Tyler Hoechlin (26) die nuwe Batman wees, en Posey dink hy sal die beste een wees! “Hy is baie atleties, sexy, het ’n mooi, sterk kakebeen en fantastiese gesighare. Ek is absoluut versot op hom,” skerts hy.
  • Die twee Tylers is dolverlief! Hoechlin en die aktrise Brittany Snow  gaan sedert verlede jaar uit en Posey het onlangs verloof geraak aan sy meisie van 10 jaar, die grimeerkunstenares Seana Gorlick.
  • Hy spog met ’n gespierde lyf, maar Posey sê hy oefen glad nie. “Ek haat oefening. Mense is gewoonlik geskok as hulle dit hoor.”
  • Albei akteurs het amper rolle in Twilight gehad. Hoechlin was een van twee akteurs wat oorweeg is vir die hoofrol van Edward Cullen (Robert Pattinson). Posey het ’n oudisie gedoen vir die rol van Jacob Black, maar Taylor Lautner het hom geklop.
  • Hoechlin het sy eerste soen op 15 gehad en is mal oor die fliek The Notebook. “Die hele bofbalspan op hoërskool was mal oor daardie fliek.”
  • Posey het ses tatoes. Hy het die dubbelstrepe op sy linkerarm gekry sonder om vir Jeff Davis, die uitvoerende vervaardiger van Teen Wolf, daarvan te sê en was verras toe hulle dit in die derde seisoen deel van die storielyn maak.
  • Hoechlin se deurbraakrol was toe hy 2 000 kinders (onder wie sy jonger broer, Tanner) geklop het om die seun van Tom Hanks se karakter in die 2002-misdaadfliek Road to Perdition te speel.

BRONNE: BELLOMAG.COM, CAMBIO.COM, PEREZHILTON.COM, TRIBUTE.CA, BUDDYTV.COM, ACCESSHOLLYWOOD.COM, SEVENTEEN.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!