Vandag is Maandag, 10 Februarie, die 41ste dag 2014. Vanjaar het nog 324 dae.
Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:
- 1811 – Die Russe val Belgrado binne en neem die Turkse weermag gevange.
- 1828 – Simon Bolivar, die Suid-Amerikaanse revolusionêr, word die heerser van Colombia.
- 1933 – Die eerste singtelegram word in Amerika gesing.
- 1939 – Japannese magte beset Hainan-eiland in China.
- 1943 – Brittanje se Agtste Leër bereik die grens van Tunisië in die Tweede Wêreldoorlog.
- 1962 – Die Sowjet-unie verruil die gevange Amerikaanse U-2-vlieënier Francis Gary Powers vir Rudolph Iwanowitsj Abel, ’n Sowjet-spioen wat deur Amerika aangehou is.
- 1969 – Amerika, Brittanje en Frankryk verwerp Oos-Duitse reisbeperkings na Wes-Berlyn en herinner die Sowjette aan hul verantwoordelikheid om vrye toegang te verseker.
- 1974 – Irak beweer 70 Irannese is dood of gewond in ’n grensgeveg tussen Irakese en Irannese troepe.
- 1993 – Ses miljoen mense in Madagaskar stem in ’n verkiesing wat pres. Didier Ratsiraka ná 17 jaar tot ’n val bring.
- 1994 – Die ergste van die oorlog in Bosnië is verby vir die vernielde stad Sarajevo, waar ’n skietstilstand van krag word wat deur die VN bemiddel is.
- 1996 – ’n Stuk berghang verpletter ’n hoofwegtonnel en 20 mense sterf in voertuie op die Japannese eiland Hokkaido.
- 2000 – Al 164 passasiers wat op ’n Afgaanse passasiersvliegtuig gyselaar gehou is tydens ’n spanningsvolle vier dag lange reis oor Sentraal-Asië en Europa, klim in Engeland uit die vliegtuig.
- 2007 – Genl. David Petraeus neem bevel van die Amerikaanse en multinasionale troepe in Irak oor by genl. George W. Casey jr.
- 2011 – Die beleërde pres. Hosni Moebarak van Egipte gee die mag oor aan sy adjunkpresident en beloof hervormings soos die herroeping van die gehate noodwette.