Ons is versot op Kurt Hummel, sy skattige karakter in Glee, maar sy talente eindig nie daar nie – dié 23-jarige akteur is ook ’n ontluikende skrywer
- Hy het ’n oudisie gedoen vir die rol van Artie (vertolk deur Kevin McHale). Die Glee-rolverdelingsagente was so beïndruk met hom dat hulle die rol van Kurt spesiaal vir hom geskryf het. Koel!
- Hy het op hoërskool onder die boelies deurgeloop, maar voel dit het hom sterker gemaak. “Wanneer mense jou oor en oor seermaak, moet jy aan hulle dink as skuurpapier. Hulle krap jou dalk en maak jou seer, maar op die ou end is jy blink gepoets en hulle is nutteloos.”
- Hy het die komediedrama Struck by Lightning geskryf. Dit gaan oor ’n jong man wat vertel hoe hy sy klasmaats afgepers het vir bydraes vir sy literêre tydskrif.
- Hy is talentvol, maar beslis nie goed in alles nie. “Ek sou nooit kon rap nie,” sê hy. “Ek kan nie eens geskenke wrap nie!”
- As hy die wêreld kon regeer, sou hy slegs die mooi plekke wou oorneem. “Daar is groot dele van die wêreld waarin ek glad nie belangstel nie. Wat moet ek nou met ’n woestyn maak?”
- Sy gunsteling-kos? “Hoenderboudjies. Ek is verslaaf daaraan, maar ek belowe ek is nie nou besig om een te eet nie!”
Volg hom op Twitter: @chriscolfer
BRONNE: Twitter, People Magazine (US), IMDB.com, chris-colfer.com/qa_chris