Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Pieter van Zyl, joernalis

$
0
0

Naam en van:

Pieter van Zyl (40)

Waar het jy studeer?

Noordwes-universiteit in Potchefstroom en die Universiteit Stellenbosch.

Wat het jy studeer en hoe lank?
Eers ’n B.A.-graad met kommunikasiekunde en sielkunde as hoofvakke, B.A.Hons. in Afrikaans-Nederlands, B.A.Hons. in sielkunde, B.Phil. in joernalistiek.

Waar kom jy vandaan?
Welkom, Vrystaat.

Hoekom het jy joernalistiek gekies?

Ek was nog altyd lief vir stories vertel. Ek wou eers ’n sielkundige word om in mense se kop in te klim. Toe ek ’n CV professioneel wou opstel, het ek ’n advertensie op kampus op Stellenbosch gesien. Die vrou wat dit doen, is toe toevallig die sekretaresse van die departement joernalistiek en sy kry my toe by die hoof van die departement uit, wat my toelating gee om die graad te doen. Ek het gou daarop verlief geraak.

Hoe lank werk jy al as joernalis?

Vanjaar is dit 15 jaar.

Wat is die voordele en uitdagings van hierdie beroep?

Jy sien die wêreld en bly op plekke waar jy nooit sou kom nie. Ek was al in Amerika en die Maledive, plekke wat ek nooit sou besoek het as ek nie ’n joernalis was nie. Jy is baie van die huis af weg en daar is nie kantoorure nie. Jy werk ook die meeste naweke en mense is soms baie ongeskik met joernaliste. Jy moet maar ’n dik vel hê.

Watter karaktereienskappe dink jy pas by dié beroep?

Nuuskierigheid en deursettingsvermoë. Jy moet kan vasbyt om die inligting te kry wat jy nodig het. Jy moet leesgierig wees en heeltyd meer wil weet oor die wêreld om jou.

Hoe goed is die vergoeding in die algemeen?

Jy moet ’n hele ruk werk, sowat 10 jaar, voor jy meer as R15 000 (per maand) kan verdien.

Watter raad het jy vir voornemende joernaliste?

Lees, lees, lees! Behandel mense met respek en probeer om nie enige brûe te verbrand nie. ’n Joernalis is net so goed soos sy of haar kontakte. Kweek ’n goeie verhouding met kundiges. Moenie hulle verkeerd aanhaal nie, want hulle praat onder mekaar en voor jy jou oë uitvee, wil niemand met jou praat nie.

Watter skoolvakke het jy nodig joernalistiek te studeer?

Tale, geskiedenis, aardrykskunde, wetenskap, eintlik enigiets wat jou ingelig maak. En leer tik!

Hoe bevredigend is jou beroep, op ’n skaal van 1 tot 10?

Nege.

Pieter van Zyl is ’n senior joernalis by Huisgenoot.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>