Selena Gomez lyk fantasties op die Maart 2014-voorblad van die Amerikaanse tydskrif Seventeen. Lees wat die 21-jarige alles te sê gehad het:
Oor haar aanhangers: “Ek voel asof ek nie genoeg vir my aanhangers kan doen nie. Ek werk hard en raak moeg, maar as jy op die verhoog uitstap en daardie mense sien wat ure buite gewag het net om vir jou te sien, is dit die beste ding op aarde.”
Oor Lorde: “Ek het onlangs ’n onderhoud gedoen en hulle het vir my gevra wie dink ek gaan ’n groot ster word en is besig om ’n verskil te maak. Ek het gesê: ‘Sy hou nie van my nie, maar Lorde.’ Ek gaan haar ondersteun of sy van my hou of nie, want ek dink sy doen wonderlike werk. Ek sal haar eendag ontmoet en dinge tussen ons sal koel wees.”
Oor nooit verander vir ’n ou nie: “Ek het met Katy Perry oor ouens gepraat wat deur sterk meisies geïntimideer word. Ek het nog nie iemand ontmoet wat my leefstyl kan verstaan, dit ondersteun, my kan liefhê en nie bedreig voel daardeur nie. Dis moeilik. Ek dink ek skrik sommige ouens dalk af, omdat ek goed sê soos: ‘Ek wil die wêreld verander! Ek het drome! Wat wil jy doen?’ Maar ek weet net hoe om myself te wees.”
Bronne: justjaredjr.com; Seventeen