Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vandag in die geskiedenis

$
0
0

Vandag is Saterdag, 8 Februarie, die 39ste dag van 2014. Vanjaar het nog 326 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1587 – Die Skotse koningin Maria word onthoof nadat sy aangekla is van sameswering om Engeland se koningin Elizabeth I te vermoor.
  • 1904 – Die Russies-Japannese oorlog begin.
  • 1910 – Die Amerikaanse Boy Scouts word gestig.
  • 1922 – Amerika se pres. Warren G. Harding laat ’n radio in die Withuis installeer.
  • 1924 – Die eerste Amerikaanse teregstelling deur gas vind plaas in die Nevada-staatsgevangenis, Carson City.
  • 1964 – Holland se prinses Irene doen afstand van haar reg tot die troon sodat sy kan trou met die Rooms-Katolieke Spaanse prins Carlos Hugo van Bourbon-Parma.
  • 1974 – Drie Amerikaanse Skylab-ruimtevaarders keer terug na die aarde ná ’n rekordtyd van 84 dae in die ruimte.
  • 1975 – Sowjet-ruimtevaarders begin saam met Amerikaners oefen vir die gesamentlike vlugte van die Apollo-Soyuz.
  • 1999 – Honderde afgevaardigdes en staatshoofde, onder wie talle bitter vyande, woon die begrafnis by van koning Hoesein van Jordanië.
  • 2000 – Elektroniese vandale ontwrig van die internet se gewildste webtuistes deur dosyne kragtige rekenaars ’n verlammende stroom vals data te laat uitstuur.
  • 2001 – Ruimtevaarders op die pendeltuig Atlantis tref voorbereidings vir landing op die internasionale ruimtestasie, 360 km bo die aarde.
  • 2006 – Nepal se eerste verkiesing die afgelope sewe jaar word gekenmerk deur rebelle-aanvalle, die weermag se skietery op betogers en ’n lae stempersentasie. Dis ’n terugslag vir die absolute mag van ’n koning wat die vorige jaar beheer oorgeneem het sodat insypelaars uitgewis en politieke orde herstel kon word.
  • 2007 – Colombia se grondwethof beslis gay paartjies in langtermyn-verhoudings moet dieselfde regte hê oor gedeelde bates as heteroseksuele paartjies. Dis die eerste erkenning van die regte van gay paartjies in dié Suid-Amerikaanse land.
  • 2009 – In ’n volkstemming beëindig kiesers in Zürich ’n ou Switserse gebruik deur belastingvoordele te ontneem van vreemdelinge, soos die Amerikaanse sangeres Tina Turner en die Russiese biljoenêr Viktor Vekselberg.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>