Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all 9424 articles
Browse latest View live

TV-gids Donderdag 7 April 2016

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Toks En Tjops (kykNET & kie): Ons kenners, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer, kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA):
’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA):
Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET):
Chrissie is ongelukkig in haar nuwe skool. Lorrette besef haar koshuisdae is finaal verby en Gideon plaas druk op Tommie oor sy toekomsplanne. Denver voel Jade skeep hom af.

18:30 7de Laan (SABC2): Kim steek haar neus in ander se sake. Felicity gee advies aan Nandi. Willem het nie tyd vir Gita nie.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET):
Morné voel gereed vir sy eerste dag van sy praktiese opleiding. At dink Conrad het nog baie om te leer van vrouens, en Pippa probeer vir Esther ondersteun. Danny maak vinnig vriende en Conrad is bekommerd oor sy toekoms.

19:30 Top Billing (SABC3): Die krieket word uitgesaai in die slot van Top Billing.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons is by die Bridge Of Hope damesfunksie. Ons neem kiekies met die Koekedoor beoordelaars en hoor wat ons te wagte kan wees vir seisoen 2. Ons kuier ook in die Kaap by die sepiester, Desiré Gardner en haar man, Chris.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen gesels met Afrikaanse musiek se stoutseun, Ray Dylan. Die derde reeks kom tot ‘n einde met ‘n paar verrassings en hoogtepunte.

20:30 Lorraine Pascale Cooking Made Easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons besoek ‘n man wat Volkswagen kombi’s restoureer, vind uit waarom ‘kale’ tans ‘n oomblik in die son geniet en gesels met aktrise Marisa Drummond oor haar rol in Fluiters en haar werk as regisseur op Getroud met Rugby.


Paris Jackson kry pragtige tatoe as huldeblyk aan haar pa

$
0
0

Vir die wêreld was hy die koning van pop, maar vir sy dogter sal Michael Jackson altyd die koning van haar hart wees.

Paris Jackson, wat op 3 April 18 geword het, het op Instagram ’n foto van haar nuwe tatoe ter ere van haar wyle pa gedeel. “Queen of my heart,” lui die tatoe in Michael se handskrif.

Lees ook: Michael Jackson se dogter laat nou behoorlik die koppe draai

Sy het by die swart-wit foto geskryf: “Vir almal anders was hy die koning van pop; vir my was hy die koning van my hart.”

Paris Michael Jackson got her tattoo today, letters from her father, so sweet. #parisjackson and Austin Brown her cousin.

A photo posted by Justin's Dermagraphink Tattoo (@dermagraphink) on

Die tatoe-kunstenaar Justin Lewis het ook die tatoe gedeel wat hy geskep het vir Paris se ouboet, Michael Jackson jr.

“Ek het hierdie een op Michael Jackson jr. gedoen. Hy het vier uur lank daarvoor gesit,” het hy geskryf by ’n nabyfoto van die gedetailleerde tatoe.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe
Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie

‘Welkom in die wêreld, ons klein engeltjie’: Voormalige Mej. SA deel blye nuus

$
0
0

Die Top Billing-aanbieder en voormalige Mej. Suid-Afrika Jo-Ann Strauss het pas op Instagram aangekondig dat haar tweede baba gebore is.

A photo posted by @modernmommyblog on

Saam met ’n pragtige foto van haar swanger magie het sy op haar blog, Modern Mommy, se Instagram-blad geskryf: “Welkom in die wêreld, ons klein engeltjie.”

Gelukwensings het spoedig ingestroom met talle Instagram-gebruikers wat Jo-Ann en haar man, Michael Held, ’n Duitse ortopediese chirurg, sterkte toewens.

“Die grootste en gelukkigste geluk aan jou en jou man. Mag sy so baie vreugde en meer liefde, geluk en blydskap bring!” skryf @jo_nesyster.

Jo-Ann het vroeër op haar blog bevestig dat die nuwe kleintjie ’n dogtertjie is.

Hul eersteling, ’n seuntjie, is nou twee jaar oud.

Baie geluk met die nuwe kleinding, julle! Mag sy julle vreeslik baie vreugde besorg.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe
Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie

‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding

$
0
0

Daleen Jonker is iets van die verlede; en nou is Carmen Fourie hier om te bly.

Desiré vertolk deesdae die rol van Carmen in Suidooster. Foto: verskaf.

Desiré vertolk deesdae die rol van Carmen in Suidooster. Foto: verskaf.

Die geliefde Desiré Gardner, wat agt jaar lank Daleen Jonker in Binnelanders gespeel het, het vandeesweek haar buiging op kykNET se sepie Suidooster gemaak in die rol van die borrelende (en blonde!) Carmen Fourie.

En sy sê sy het dadelik tuis gevoel op die nuwe stel. “As ’n mens eers voor die kamera staan, is die gevoel op die Suidooster-stel en Binnelanders s’n grootliks dieselfde: ’n klomp passievolle en professionele mense wat hul werk aanpak.

Lees ook: Marco oor daai Suidooster-soen – en 5 dinge wat lelik kan skeefloop

“Net soos by Binnelanders, is al my mede-akteurs nie net talentvol en lekker om mee saam te werk nie; hulle is ook gemaklike en interessante mense waarmee ek lekker kan gesels en vriendskappe bou.”

Desiré en haar man, Chris, werk saam by Suidooster: sy voor die kameras en hy agter die skerms as die hoof van die tegniese afdeling en beligting. Hulle het onlangs die groot trek van die Goudstad na die Kaap onderneem.

Desiré saam haar man, Chris en hul driejarige eersteling, James. Foto: Verskaf

’n Donkerkop-Desiré saam haar man, Chris en hul driejarige eersteling, James. Foto: Verskaf

Buiten dié groot skuif moes die donkerkop Desiré ook haar hare blond kleur vir haar nuwe rol. “Ek moet sê (die verandering) is vir my baie lekker. Ek verwelkom dit en geniet die ligter hare baie. Dit wil vir my voorkom asof blondines meer pret het!”

En hoe voel sy oor haar nuwe karakter, Carmen Fourie? Carmen is ’n rebelse vrou en die aangenome suster van Bianca Fourie (Simone Biscombe). As binnenshuise versierder met ’n rebelse persoonlikheid, krap Carmen maklik die mense rondom haar om.

“Ek het van die begin af van Carmen gehou,” verklap Desiré. “Sy’s die soort karakter wat dalk onder ’n paar kykers se vel gaan inkruip. Sy’s die soort meisie wat elke vriendekring of familie het: die een wat weier om groot te word, en almal – ten spyte van hulself – sal kry om altyd pret te hê. Ek dink sy’s fantasties.”

Desiré meen die dinamika gaan heeltemal anders wees met Robin Grace as destyds met James. Foto: Verskaf

Desiré meen die dinamika gaan heeltemal anders wees met Robin Grace as destyds met James. Foto: Verskaf

Van al die groot nuus en veranderings in die Gardner-gesin is Desiré en Chris veral opgewonde oor die koms van hul eerste dogtertjie, Robin Grace. Desiré het Donderdag die nuus dat sy ’n dogtertjie verwag eksklusief op die joernaalprogram Bravo! bekendgemaak.

“Ek sien so uit na ons pop!” sê sy. Haar en Chris se eersteling, James, word vier in Mei vanjaar.

“Hierdie keer is dit anders. Ek weet hierdie keer wat ons gaan kry: ’n wonderlike nuwe mense wat ek elke dag die voorreg gaan hê om te leer ken.”

Waarna sien sy veral uit omdat dit dié slag ’n dogtertjie is? “Ek dink die mooimaak en fieterjasies van ’n dogtertjie. Maar ook hoe seuntjies en dogtertjies van mekaar verskil in terme van emosies en dit waarmee hulle hulself graag besig hou; eintlik die opwinding van ’n nuwe kind met ’n heel nuwe persoonlikheid.”

Ouboet James is ook al baie opgewonde om sy babasussie te leer ken. “Hy noem haar Peanut en sê hy gaan haar leer skaatsplank ry en suuruitjies eet.

Die beste deel van Kaap toe trek, is die feit dat sy en haar man nader aan mekaar kan wees, sê Desiré. Foto: Verskaf

Die beste deel van Kaap toe trek, is die feit dat sy en haar man nader aan mekaar kan wees, sê Desiré. Foto: Verskaf

“Maar ek dink tog dis vir hom ’n vreemde tyd. Hy’s ’n dierbare kind met ’n hart van goud, maar ek is seker so saam met die onsekerheid en tikkie jaloesie sal hy eindelik aanpas en ’n goeie ouboet maak.”

Lees ook: Desiré Gardner omtower in ‘vurige, borrelende blondine’ én deel wonderlike nuus!

Chris en Desiré het besluit op die naam Robin Grace omdat Robin Chris se tweede naam is. “Grace is daar omdat sy deur die genade van die Here in ons lewe gekom het op so ’n onverwagte tyd. Sy is ons klein teken van genade.”

Robin Grace maak na verwagting einde Julie haar opwagting. Beplan Desiré om dan vir eers ’n blaaskans van sepiestelle en woorde leer te neem? “Dit gaan afhang van hoe dinge dan lyk. Ek het al geleer om nie te ver vooruit dinge te beplan nie; dus sal ek maar kyk wat die toekoms inhou.”

– Petrus Malherbe

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe
Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie

Jou sterre vir Vrydag, 8 April 2016

$
0
0

Dit is wat jou sterre vir vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG
Om andere te help is hoog op die agenda, maar maak seker jou hulp word wel verlang.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy spring graag in om ander te help. Julie en Augustus is die beste maande om aan te sluit by ’n aanlyn maatsoekwebtuiste, verlief te raak, die jawoord te vra of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Voorgevoel en intellek is vandag ’n kragtige kombinasie, veral wat ’n kwessie betref waar geld of sake betrokke is. As jy tyd inruim om rustig daaroor na te dink, sal jy presies weet hoe jy moet maak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Die maan en Mercurius kom bymekaar in die Bul-teken, wat jou sakebrein en nuuskierigheid prikkel. Dit is dus ’n uitstekende dag om te studeer, te reis, met syfers te werk of betrokke te raak by ’n verkoops- of handelsprojek.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Tweelinge wat dagdroom, moenie die dag verkwis nie. Spits jou toe op projekte wat reeds aan die gang is. Met heelwat passie en toewyding kan jy abstrakte idees omsit in stewige werklikheid.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Voordelige aspekte plaas jou in ’n opgeruimde gedagtegang terwyl jy goed kommunikeer met binne- en buitelandse familie en vriende. Aktiwiteite wat groepe, klubs en organisasies insluit, word veral bevoordeel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Vandag se sterre is uitmuntend vir werkprojekte en sosiale aktiwiteite. Wees ekstra versigtig wat geldsake betref, aangesien jy dalk nie jou huidige finansiële situasie in ’n realistiese lig beskou nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Hou op om jou te bekommer oor die wêreld se ellendes, Maagd! Jy is in ’n sosiale bui terwyl jy kontak maak met vriende en kennisse van naby en ver. Wat geldsake betref, kry alles op skrif.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.
Kreatiwiteit en inspirasie loop hoog terwyl jy jou instel op jou intuïsie om ’n probleem op te los. Met slim denke en kreatiewe insig aan jou kant kan jy groot hoogtes bereik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Daar is baie te wen deur gesamentlike pogings, tuis of by die werk, van stapel te stuur. Kreatiewe projekte word veral bevoordeel terwyl julle talente kombineer, hard werk en iets skep wat tot wedersydse voordeel strek.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy sal vandag fyn dopgehou word by die werk, Boogskutter, aangesien kollegas alles ontleed wat jy sê en doen. Jy sal besef dat dit ’n goeie tyd is om sake met ’n huismaat of kollega uit te praat.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Dit is tyd om jou oor te gee aan die een of ander praktiese kreatiwiteit, soos opknappingswerk, skilder, kookkuns, handwerk of tuinwerk. Of jy kan ander se kunstige pogings waardeer deur middel van ’n boek, konsert of uitstalling.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die beste manier om ’n huidige drama tuis aan te pak is om die betrokke partye bymekaar te kry, saam te laat sit en alles op ’n logiese manier uit te praat. ’n Oop gemoed sal ook help.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Ná die aanvanklike verwarring, behoort jy sake duideliker te begin verstaan. As jy steeds twyfel, win goeie raad in by ’n betroubare vriend of gerespekteerde mentor; moenie net alleen voortploeter nie.

Gebakte heel vis

$
0
0

Eenvoudige geurmiddels laat vis lekker proe.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 30 min.

750 g heel vis (stokvis of geelstert)
100 g botter, sag
4 knoffelhuisies, gekneus
suurlemoenwiggies, vir voorsit
Suurlemoensout
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1 suurlemoenskil, gerasper
15 ml (1 e) seesoutvlokkies

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Vis Gebruik ’n klein, skerp mes om klein splete in die vel te maak. Meng die botter en knoffel en smeer die mengsel in die openings.
  2. Suurlemoensout Plaas die knoffel, suurlemoenskil en sout in ’n stamper en vysel en kneus tot geurig. Laat staan eenkant.
  3. Smeer die suurlemoensout oor die vis. Plaas op ’n bakplaat uitgevoer met bakpapier en bak 30 min. of tot gaar. Sit saam met suurlemoenwiggies voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef

$
0
0

Nog ’n immergroen gunsteling is Donderdagaand deur die Republiek van Zoid Afrika van die rak gehaal en afgestof.

Kyk net wat gebeur as die bekende Afrikaanse sanger Ray Dylan van onder meer Hokaai Stoppie Lorrie, Breek die Ys en Asemloos en Karen Zoid hul saam op een verhoog bevind! Die duo sing een van Ray se gewildste nommertjies, Jessica.

Hier kom ’n ding!

Hierdie was die laaste episode van die derde seisoen van Republiek van Zoid-Afrika. Maar aanhangers moet hul nie bekommer nie, want ’n vierde seisoen is reeds deur kykNET aangevra.

“Ek kan nie glo nog ’n reeks is op sy einde nie,” sê Karen. “Elke episode en elke gas was só onververgeetlik. Ons het lekker saam gelag en ons het ook gehuil.”

Karen het ook al die getroue kykers bedank. “Aan elke kyker, almal wat boodskappe op Facebook vir my stuur, elke liewe een wie die liedjies op iTunes aflaai en elkeen wat die CD koop: Dankie vir alles!”

En dan die beste nuus: “Ons gaan nou net ’n kort vakansie hou in die Republiek waarna ons weer al ons kragte sal saamspan om die meeste pret moontlik te hê saam met julle.”

Die derde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika begin in Julie op kykNET wys.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango
Kyk: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke
Kyk: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte
Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe
Karen Zoid en Claire Johnston se spesiale oomblik
Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent
Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers

$
0
0

Na oorweldigende aanvraag by die kykerspubliek, gaan Karen Zoid voort met haar gewilde geselsprogram. Die Republiek van Zoid Afrika keer in Julie terug vir ’n vierde seisoen.


“Dit het volksbesit geword,” skryf die sangeres, Amanda Strydom, op Facebook.

In die slotepisode van die derde seisoen het Karen haar republiek se burgers saam met die sanger Ray Dylan gegroet toe hulle sy treffer, Jessica, gesing het.

Die ander gas in Karen se republiek was die aktrise, Esther von Waltsleben, wat Moemie Muis Senekal in die reeks se snaakse sketse, Keeping up with Marinda, saam met Karen speel. Karen en Esther is ook al sedert hul 20’s vriende.

“Ek kan nie glo nog n reeks is op sy einde nie, want elke episode en al die gaste is onververgeetlik,” sê Karen.

“Ons het lekker saam gelag en ons het ook gehuil.”

“Aan elke kyker, almal wat boodskappe op Facebook vir my stuur, elke liewe een wie die songs op iTunes aflaai en elkeen wat die CD koop: Dankie vir alles!,” sê Karen.

“Ons gaan ‘n kort vakansie hou in die republiek waarna ons weer al ons kragte sal saamspan om die meeste pret moontlik te he saam met julle.”

Die Republiek van Zoid Afrika is ook onlangs bekroon met ’n SAFTA-toekenning as die beste geselsprogram op Suid-Afrikaanse televisie.

Sedert die derde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika op 7 Januarie begin het, het Karen se verwerkings van geliefde liedjies dadelik Suid-Afrikaanse iTunes-treffers geraak.

All die liedjies was op ’n stadium onder die toptien gewildste liedjies op iTunes, terwyl ’n hele paar, soos Dis ’n Land (met Snotkop), Jantjie kom Huis toe (met Emo Adams) en Groen Truin (met Jan Blohm), die rangleer oornag tot die nommer een posisie geklim het.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango
Kyk: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke
Kyk: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte
Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe
Karen Zoid en Claire Johnston se spesiale oomblik
Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent
Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika


Kyk: Dis ‘Vive la France’én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!

$
0
0

Die plaaslike rocker Francois van Coke geniet dit terdeë oorsee.

Hy en sy vrou, Lauren, het hul lyf onlangs toeris gehou in die Franse hoofstad, Parys. En natuurlik kon hulle skaars wag om kiekies voor die Eiffeltoring te neem.

Dié koel paartjie het hul vakansiefoto’s op die sosiale netwerk Instagram gedeel. Hulle het selfs saam met “Mona” poseer – dis nou die Mona Lisa-skildery in die Louvre-museum.

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Hul volgende stop? Nederland. Francois tree Saterdag in Amsterdam op saam met Die Heuwels Fantasties en Majozi. Dis omtrent ’n opwindende week vir dié rocker.

Lees ook: Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Hy het ook Donderdag op Instagram laat val dat hy Vrydag die musiekvideo vir hom en sy “held” Arno Carstens se liedjie Ek Weet Nie uitreik.

Kyk hier na Ek Weet Nie deur Francois saam met Arno Carstens.


— Lara Atson

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Kyk: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo

$
0
0

Dis enige aanhanger se ergste nagmerrie: ’n Klomp swernote bal hul vuiste om Suid-Afrika se mooiste man se gesig pimpel en pers te slaan.

Die manne van DZL, Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter. Foto Facebook

Die manne van DZL. Foto Facebook

Die Afrikaanse musiekgroep DZL se Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter – wat vanjaar aangewys is as Cosmopolitan se sexyste man van die jaar – sal hul ysterperde op in die musiekvideo Vind Jou Pad om ’n paar ongeskikte buffels in ’n kroeg reg te sien.

“Daar was omtrent naelkou-oomblikke met die skiet van dié video,” sê Andries. Dit was die manne se eerste keer op ’n motorfiets.

“Daai Harley-Davidsons weeg ’n ton!

“Ons het die motorfietse by vriende van ons geleen en so ’n paar keer in hul sekuriteitskompleks in Pretoria rondgery voor ons die ooppad aangedurf het.

“Die grootste uitdaging was om weg te trek sonder dat die ysterperde onder jou uitgly.”

In die musiekvideo sit Wiaan en Andries by ’n kroeg en kuier saam met ’n aantreklike blonde kelnerin. ’n Ruk later bars ’n bende die kroeg binne met Johnny Pienaar, bekend vir sy rol as ’n skurk in sepies soos 7de Laan en Generations, as hul leier.

Hulle neem die kroeg op horings en molesteer die arme kelnerin.

Johhny speel die skurk. Foto: Verskaf

Johhny Pienaar vertolk die rol van die skurk. Foto: Verskaf

Die manne van DZL gaan dit mos nie duld nie, en Wiaan gee die bendeleier ’n harde hou met die kop voor hulle die pad kies op hul ysterperde.

“Hulle het vooraf die toneel geoefen sodat hulle presies weet wie moet watter kant toe mik.

“Toe dit by ‘aksie’ kom, het Wiaan ’n bietjie vergeet watter kant toe en Johnny sommer letterlik met sy kop bygekom.

“Johnny het so ’n bietjie gebloei en Wiaan het ’n blou kol weg.”

“Johnny het ná die tyd gesê in al sy jare in die filmbedryf moes hy al baie sulke kopstampe uitvoer, maar dis die eerste keer dat hy self seergekry het,” skerts Andries.

Soos ridders kom die manne op ysterperde aan. Foto: Verskaf

Soos ridders kom die manne op ysterperde aan. Foto: Verskaf

Was hulle al ooit in ’n regte kroeggeveg?

“Nog nooit, maar wie weet? Daar is altyd ’n eerste keer. Ons het darem nou geoefen; as dit ooit gebeur, sal ons weet hoe om spore te maak.”

Afgesien van dié twee manne se musiektalent en nou ook hul kroeggevegskuns, is hulle ook beroepsmodelle. Hulle albei gaan vanjaar by groot modegeleenthede in Namibië en Ghana wees.

En die manne kook ook!

Wiaan en Andries is ook te sien op die nuwe TV-program Lek Jou Lippe Af op VIA.

Maar bewonderaars, julle het ongelukkig net ’n kans met een van hierdie smeulende manne, want net Wiaan is nog enkellopend. Andries en sy vrou, Sya, is al sowat twee jaar getroud.

As jou hart nog nie heeltemal gesmelt het nie, beywer die manne hulle ook vir die bewaring van renosters. Hulle is die ambassadeurs vir die Limpopo Rhino Security Group.

“Daar is pas ’n nuwe renostertjie gebore en hy is na ons genoem – klein DZL’tjie,” sê Andries trots.

Kyk hier na DZL se nuwe musiekvideo vir Vind Jou Pad:

– Jacques Myburgh

Ook op Huisgenoot.com

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan
Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe
Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie

Gateway to Space: Die Uitstalling word verskeep!

$
0
0

Ná ’n suksesvolle uitstalling met ’n rekordgetal bywoning in Boedapest, Hongarye – waar dit twee maande uitgestal is – word Gateway to Space: Die Uitstalling na Suid-Afrika verskeep.

“Ons kan skaars wag om hierdie merkwaardige internasionale uitstalling in die Sandton-konferensiesentrum aan te bied,” sê Minette Ferreira, woordvoerder van Media24.

“Ons gaan binne twee maande die deure oopmaak sodat dromers en geesdriftiges van 1 Junie tot 31 Julie kan ervaar hoe dit is om in die ruimte te wees. Tot dusver het bykans ’n miljoen mense na die uitstalling in Europa gestroom en nou is dit Suid-Afrika se beurt.”

Lees ook: Gateway to Space: Die uitstalling, kom na Suid-Afrika!

Die ongelooflike belangstelling in Boedapest het gesorg vir ’n nuwe rekord en het so die getal besoekers in Praag, Tsjeggië, verlede jaar oortref, sê Mike Flachbart, van die Amerikaanse ruimte-en-vuurpylsentrum, wat die uitstalling reël.

Die organiseerders het die besoektye verleng om in die groot vraag te voldoen; aan die einde van die uitstalling is die sluitingstyd tot ná middernag uitgestel.

Wat jy kan verwag
Die grootste deel van die uitstalling is die 15 m hoë lewensgroot replika van die Mir-ruimtestasie se kernmodule. Dié module was die primêre leefruimte vir die bemanning. Binne-in sal jy kontroles vir omgewingstelsels, die stasie se hoofenjins en die hoogtebeheerstelsels sien.

Een van Mir se talle rekords sluit in die langste menslike ruimtevlug onderneem deur Waleri Poljakof, wat van Januarie 1994 tot Maart 1995 437 dae agtereenvolgens in die ruimte deurgebring het.

Minette sê besoekers sal die geleentheid kry om daarin te loop en die knoppies en kontroles te sien van hierdie replika, wat 20 000 kg weeg.

Nog ’n hoogtepunt is ’n oorspronklike Sowjet-Sokol-ruimtepak wat in ’n lugbeheerde omhulsel na Suid-Afrika gevlieg word. Ruimtevaarders van die Russiese Sojoes-ruimtetuig gebruik dié pak.

Kyk: Dié foto van Suid-Afrika vanuit die ruimte sal jou asem wegslaan

Dit is die eerste keer in 1973 gebruik en word vandag nog op alle lanserings na die Internasionale Ruimtestasie gedra. Die pak, wat sowat 10 kg weeg, is nie vir gebruik buite die kapsule in die ruimte nie, maar beskerm die bemanning teen onverwagte dekompressie wat gebeur het toe die Sojoes 11 uit die Saljoet 1-ruimtestasie vertrek het.

Bespreek jou kaartjies
Spesifieke tydgleuwe sal in werking wees vir besoekers om deur die uitstalling te stap (om tou te beperk) en ’n reis deur die ruimte te ervaar, sowel as om ’n paar ekstra interaktiewe sessies te geniet. Kaartjies is beperk; bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Kaartjiepryse:
Enkelkaartjie (volwassene): R180
Enkelkaartjie (kinders tussen 18 maande en 18 jaar): R120
Gesinskaartjie: R520 vir ’n gesin van vier
Skoolpakkette is ook beskikbaar en sluit ’n gratis kaartjie vir ’n volwassene in vir elke bespreking van 20 skoolkinders. Stuur ’n e-pos na space@megatrav.co.za vir nog inligting of om te bespreek.

Alle kaartjies (behalwe skoolpakkette) is beskikbaar by Computicket.

Gaan na Gateway to Space vir nog inligting oor dié opwindende uitstalling.

Ook op Huisgenoot.com

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan
Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
 

 

Guptas bedank oor firma nie personeel sonder banke kan betaal – brief

$
0
0

Oakbay Investment, ’n maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort, het hul “diepe teleurstelling” teenoor pres. Jacob Zuma en ministers uitgespreek oor banke wat hul rekenings gesluit het, lui ’n brief aan hul personeel wat Vrydag uitgelek het.

Atul Gupta. FOTO: Gallo Images/Getty Images/James Oatway

Atul Gupta. FOTO: Gallo Images/Getty Images/James Oatway

TimesLive het Vrydag die brief onthul, oomblikke ná die skokaankondiging deur die Gupta-familie en pres. Zum se seun Duduzane dat hulle met onmiddellike effek uit alle poste by Oakbay bedank.

Oakbay se ouditeursfirma, KPMG, hul banke, FNB en Absa, en hul borg, Sasfin Capital, het in Maart alle bande met die Guptas verbreek. “Daar sal binnekort nuwe inligting oor die maatskappy se bankverhoudings verskaf word,” het Oakbay Resources and Energy Vrydag in ’n verklaring gesê.

Die sluiting van hul bankrekenings maak dit “bykans onmoontlik om voortaan sake in Suid-Afrika te doen,” het Nazeem Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments, aan personeel in die brief gesê.

“Sonder bankrekenings bevind ons ons in ’n posisie dat ons julle, ons gewaardeerde werknemers, nie kan betaal nie,” het hy gesê.

“Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dit gebeur nie. Dis vir ons uiters onaanvaarbaar dat julle, ons werknemers, en jul gesinne moontlik kan ly weens die politieke veldtog teen ons.”

Lees ook: Pres. Jacob Zuma: ‘Ek het nie oneerlik opgetree nie’

Hy het gesê die maatskappy is “vol vertroue dat die familie se besluit om hulle van die onderneming te distansieer, sal beteken dat die verhouding met banke herstel sal word, salarisse betaal sal word en sake soos normaal kan voortgaan”.

Nazeem het gesê Oakbay is in regstreekse verbinding met Zuma (via die presidentskantoor), die minister van arbeid, Mildred Oliphant, die minister van finansies, Pravin Gordhan, en die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, om hul “diepe teleurstelling te kenne te gee oor die besluite deur ons bankvennote en om dit duidelik te maak dat mense se lewensonderhoud in gedrang is as ons nie hierdie belangrike bankverhoudings kan herstel nie”.

Nazeem het Woensdag geëis dat Jacques Celliers, uitvoerende hoof van First National Bank, verduidelik hoekom hulle die maatskappy as kliënt die trekpas gegee het. Hy sê Oakbay het geen redes ontvang wat FNB se optrede regverdig nie en voeg by hulle is reeds in die proses om rekenings na “’n beter ingeligte instelling” te verskuif.

Lees ook: ‘Gryp asseblief in, Here!’ – Karlien van Jaarsveld bid dat Zuma moet bedank

“Die tydsberekening van FNB se besluit is verbysterend, gegewe dat Oakbay se rekenings in uitstekende finansiële toestand is en aangesien ons al jare lank lojale en lonende kliënte is.”

Die Guptas en Duduzane se besluit om onmiddellik te bedank, “volg op ’n volgehoue politieke aanval op die maatskappy, en die kommer dat die werk en lewensmiddele van byna duisend werknemers in onmiddellike gedrang is weens die uittredende direkteur se bande met die maatskappy,” het Oakbay Resources and Energy Vrydag in ’n verklaring gesê.

“Ons hoop ons bedanking uit alle uitvoerende en nie-uitvoerende poste en enige betrokkenheid in die onderneming beteken ons sal die lewensonderhoud van tienduisende mense in ons wonderlike reënboognasie red,” het die Guptas gesê.

Duduzane het ook gesê hy het bedank “om die werk van Oakbay se duisende werknemers te beskerm” en sy “deelname aan die onderneming te depolitiseer”.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo
Eina! Gwyneth Paltrow se pynlike velsorgroetine is nie vir sissies nie
Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan
Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers

Leerders by Pretoriase skool loop deur onder ’n swerm bye

$
0
0

’n Groep leerders aan die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria is hospitaal toe gebring nadat bye hulle gesteek het, het paramedici Vrydag gesê.

Sowat 30 leerders is beseer nadat bye hulle toegetakel het, het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.


“Toe paramedici by die skool opdaag, het hulle gesien dat ’n swerm bye talle kinders gesteek het. Die bye is glo versteur terwyl werkers aan die skool se spreiligte gewerk het,” sê Russel.

“Paramedici het op die toneel die aard van die beserings vasgestel. Daar is gelukkig geen ernstige of noodlottige beserings aangemeld nie.”


’n Aantal kinders is voor die paramedici se koms na die hospitaal gebring en paramedici het die res na talle hospitale in die omgewing gebring.

Bronne: News24, rekordeast.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo
Eina! Gwyneth Paltrow se pynlike velsorgroetine is nie vir sissies nie
Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan
Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers

Jy sal nie glo vir hoeveel Mariah Carey haar STEM laat verseker het nie!

$
0
0

Mariah Carey het na bewering haar stem vir R525 miljoen laat verseker.

Die 46-jarige sangeres toer met haar The Sweet Sweet Fantasy Tour deur Europa en volgens TMZ.com het sy onlangs ingestem om dit na Suid-Amerika uit te brei.

Maar noudat sy nog datums by haar program gevoeg het, het haar span haar glo aangemoedig om die een of ander soort versekeringspolis op haar belangrikste bates – haar stem en bene – uit te neem.

“Daar is nou miljoene dollars op die spel en as enigiets met haar beste bates gebeur, kan dit tot ’n ontsaglike verlies lei,” het ’n bron aan die webtuiste gesê.

Die agentskap berig ’n polis vir ’n musieksuperster soos Mariah is nie goedkoop nie en die polisse beloop R525 miljoen elk, altesaam R1,05 biljoen.

Lees ook: Jennifer Aniston het haar skoonheidslesse op die harde manier geleer

Daarby het elke polis ’n hoë premie en kos dit blykbaar duisende dollars. Maar Mariah en haar span meen glo dis die moeite werd.

Dis nie die eerste keer dat beweer word die sangeres het versekering op ’n deel van haar lyf uitgeneem nie.

In 2006 het sy glo haar bene vir R6,5 miljoen verseker nadat sy die gesig van die skeeronderneming Gillette se veldtog Legs of a Goddess geword het.

’n Bron het destyds gesê: “Dié bedrag weerspieël haar gewildheid. Sy is op die punt om met ’n Amerikaanse toer te begin en sy sal versigtig moet wees.”

Mariah beplan nou haar troue met die Australiese biljoenêr James Packer. Die twee wil glo in Augustus afhaak en die Hero-sangeres volg blykbaar ’n streng dieet om minstens 9 kg voor die groot dag af te skud.

Lees ook: Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

“Mariah eet net vier onse gebraaide hoender, maer beesvleis of een van haar gunstelinge, gebakte Chileense seebaars of geroosterde steurgarnale saam met gebraaide aspersies,” het ’n familievriend aan MailOnline gesê.

“Mariah verpes verslanking, want sy hou van eet. Sy toer nou in Europa en daarom is dit moeilik om op koers te bly terwyl daar heeltyd soveel wonderlike kos om haar is. Maar sy wil ’n uurglasfiguur hê sodat sy ’n baie stywe sexy rok kan dra.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gateway to Space: Die Uitstalling word verskeep!
Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!
Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers
Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef
‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding

Miljoene dollars word na skikking aan Paul Walker se dogter toegeken

$
0
0

Danksy ’n skikking gaan die geliefde Fast & Furious-ster Paul Walker wat in 2014 tydens ‘n ongeluk gesterf het, se dogter Meadow meer as R104 miljoen ontvang.

Roger Rodas, wat die motor op daardie noodlottige dag bestuur het, word as deels verantwoordelik vir die ongeluk gehou.

Lees ook: Paul Walker se dogter dagvaar Porsche ná haar pa se dood

Na wat berig word het die hof ten gunste van die sewentienjarige Meadow beslis. Sy sal sowat R104 miljoen ontvang en haar regsverteenwoordiger, Jeff Milam, ongeveer R55 miljoen.

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on

Dit is nie seker of die fondse vir die skikking uit Roger se boedel of van die versekeringsmaatskappy afkomstig is nie.

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on


Die 2005 Porche Carrera GT het in November 2013 in Valencia, naby Los Angeles eers ’n betonpaal en verskeie bome getref het voor dit in vlamme uitgebars het.

Jeff Milam het glo gesê dat Roger op slag gesterf het terwyl “Meadow se pa . . . ’n passassier in die motor was. Hy het die ongeluk oorleef maar vas vasgekeer en het doodgebrand vanweë die voertuig se gebreke.”

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on

Kyk: ‘n Liedjie spesiaal vir Paul Walker

Hy het voorts aangedui dat die geld in ’n trustfonds vir Meadow geplaas sal word, maar dit dek slegs ’n fraksie van wat haar pa sou verdien het indien sy lewe nie op so ’n tragiese manier kortgeknip is nie.

Bronne: dailymail.co.uk, usatoday.com, tmz.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gateway to Space: Die Uitstalling word verskeep!
Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!
Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers
Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef
‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding


Bekende paartjie deel in groepswoeps

$
0
0

’n Man beweer hy het ’n groepswoeps met een helfte van ’n bekende Hollywoodse paartjie gehad en nog iemand is verbied om daaroor te praat – deur die maat wat nie in die pret gedeel het nie.

Verward? Toemaar, jy’s nie al nie.

Die Britse media is verbied om die name van die bekende paartjie te publiseer, net bekend as “PJS” en “YMA” in hofdokumente nadat die lewensmaat wat nie betrokke was nie (YMA), die man hof toe gesleep het wat uitgepraat het oor PJS se ontrou.


Die man het vertel hy en die skatryk ster se lewensmaat het in 2009 vir mekaar begin boodskappe stuur wat eindelik tot ’n groepswoeps met ’n ander persoon gelei het.

PJS en YMA, wat glo bewus is van sy lewensmaat se buitemuurse aktiwiteite, het kinders saam. Die man sê hy was “aangetrokke tot die glansrykheid van daardie leefstyl”.

Maar nadat hy en die ander persoon die inligting oor hul sekskapades met PJS vroeër vanjaar wou bekendmaak, het ’n Britse hooggeregshof ’n aansoek om ’n privaatheidsbevel afgekeur “omdat PJS se ontrouheid sy openbare uitbeelding van sy toewyding aan sy huwelik weerspreek”, berig Mail Online.

Lees ook: Paris Jackson kry pragtige tatoe as huldeblyk aan haar pa

Die bekende paartjie is kort daarna appèlhof toe waar in hul guns beslis is. Regter Rupert Jackson het gesê die onthullings sou ’n mediastorm ontketen en skadelik vir die kinders wees. Dit sou “verpletterend vir die eiser” wees en die behoefte aan privaatheid weeg swaarder as die reg om te publiseer. Hy het bygevoeg dat die paartjie ’n “oop verhouding” het.

Die beslissing het nie die storm gekeer wat daarna op sosiale media losgebars het nie.
Nadat ’n Amerikaanse publikasie die paartjie geïdentifiseer het, het die nuus soos ’n veldbrand op Twitter versprei. En ten spyte daarvan dat die Britse media nie hul name mag publiseer nie, is die storie twee dae lank op die voorblaaie verkondig.

Die man in die middel van die drama het aan The Sun on Sunday gesê hy voel “afgeknou en geteister” deur die ster.

“Ons is gedreig met meineed, minagting van die hof en tronkstraf – alles omdat ons die waarheid gepraat het. Ons kry eindelose oproepe en e-posse van die ster se prokureurs en daar was selfs ’n dreigende brief wat per hand by ons deur afgelewer is,” vertel die man.

Lees ook: ‘Suid-Afrika is soos die ma wat my weggegooi het,’ sê Charlize

“Die beroemde paartjie ontken nie dit het gebeur nie, maar het die howe gebruik om te verdoesel wat hy gedoen het op ’n manier wat dit nie gebruik moes word nie. Ons is normale mense en het nou onophoudelike probleme en dreigemente wat ons kant toe kom. Wat van ons menseregte en vryheid van uitdrukking?

“Dit gaan nie meer net oor hierdie storie nie – dis ’n groter kwessie; en mense soos hulle behoort nie die howe te kan gebruik om hierdie goed te keer net omdat hulle hope geld het nie. Die hele affêre is net belaglik.”

Dis beslis die geval op Twitter waar gebruikers die sosiale netwerk gebruik het om draak te steek met die jaar se swaks bewaarde geheim onder die sterre.


Bronne: The Sun, MailOnline, The Mirror, The Telegraph

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gateway to Space: Die Uitstalling word verskeep!
Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!
Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers
Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef
‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding

Jou sterre vir die naweek (9-10 April 2016)

$
0
0

Dit is wat jou sterre vir die naweek voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG
JOU DAG

Die leuse vir vandag is: Haastige hond verbrand sy mond.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is op die diereriem se Dag van Oormaat gebore; dus is jy geneig om dinge te oordoen. In 2016 moet jy jouself minder veroorloof en meer weggee.

SONDAG
JOU DAG

Die klem val vandag op plesier en gesellige samesyn.

AS JY VANDAG VERJAAR
Maak gereed vir ’n tuimeltrein van ’n jaar vol passie en opwinding. Maak net seker jy beheer jou stresvlakke.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Hierdie naweek is daar ’n geneigdheid om rond te hardloop en oorhaastige besluite te neem wat later kan boemerang. Streef dus daarna om slim en spontaan te wees, pleks van impulsief en geneig tot ongelukke.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Vermy dit om in ’n groef vas te val en slegte gedragspatrone te herhaal. Hierdie naweek se sterre moedig jou aan om jou verbeelding te gebruik om met briljante oplossings vir hardnekkige ou probleme vorendag te kom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy sal dalk moet inspring en hierdie naweek ’n blitsbesluit neem; wees dus wakker. Maar jou betrokkenheid by ’n groep, klub of organisasie lyk onvoorspelbaar aangesien die doelpale heeltyd verskuif word.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Krewe stel gewoonlik vir hulself baie veilige en verstandige doelwitte. Hierdie naweek se sterre moedig jou aan om verby jou gemaksone te skuif en jou persoonlik en professioneel uit te daag.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
As jy rusteloos voel, ontsnap aan jou gewone naweekroetine. As jy iets doen wat wilde avontuur behels en jou adrenalien aan die pomp kry, gaan jy weer vol energie en splinternuut voel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Plaaslike gemeenskapsprojekte word hierdie naweek bevoordeel. Maar impulsiewe geldbesluite kan jou later erg berou. Los dus die neem van finansiële besluite vir ’n rustiger tyd.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Is jou liefdeslewe afgesaag en op ’n eenrigtingspoor? Hierdie naweek moedig Uranus jou aan om al die ou spinnerakke weg te blaas en dinge uit ’n vars, nuwe oogpunt te beskou. Enkellopendes kan dalk verlief raak op iemand wat nie hul gewone tipe is nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
As jy bereid is om onverwagte onderbrekings en veranderings ter elfder ure te hanteer, kan jy hierdie naweek baie uitrig . . . en baie pret hê. Oefeninge in die buitelug is ’n vereiste!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Wat ’n kind, tiener of vriende betref, gee hulle die vryheid om hulself uit te druk. Jy wil graag jou gevoelens verwoord, maar maak seker dat jou vurige geesdrif nie ander oordonder nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Vermy die versoeking om op stuuroutomaat te werk. As jy jou naweekroetine ’n bietjie opkikker – met ’n skielike besluit om te gaan uiteet of ’n spontane avontuur te onderneem – sal dit ekstra huppel in jou stappie sit.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Opvoeding en reis word bevoordeel terwyl jy nuwe idees opsuig soos ’n spons. Jy is ook in die bui vir spoed, wat jou meer geneig maak tot ongelukke. Draai dus rem aan voor jy jou rieme styfloop!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Moenie hierdie naweek enige belangrike finansiële beloftes maak nie, aangesien jy waarskynlik later van plan gaan verander. Jou finansies is wisselvallig; maak dus seker jou begroting is buigbaar.

Weet jy dat Facebook ’n versteekte boodskapfunksie het?

$
0
0

Gebruik jy Facebook elke dag, maar tog kla van jou vriende dat jy nie op hul regstreekse boodskappe aan jou reageer nie?

Dis nie dat jy hulle regtig wil ignoreer nie, maar jy kyk dalk net nie op die regte plek vir al jou boodskappe nie.

Boonop is daar die gevaar dat jy belangrike boodskappe kan misloop as jy nie die regte funksie kies oor watter boodskappe op Facebook as kennisgewings registreer nie.

Om die een of ander rede is daar verskeie Facebook-gebruikers wat omgekrap is omdat hulle nie van die “geheime” boodskapfunksie weet nie.

Maar eintlik is dit glad nie so geheimsinnig as wat party glo nie. Ons wys jou stap vir stap hoe jy op die selfoon-app kan seker maak alle boodskappe bereik jou.

Stap 1: Op jou selfoon sal jy die IM-ikoon op die skerm sien. Die posisie daarvan hang af of jy ’n iPhone of ’n Android gebruik.

FB 1

Stap 2: As jy die IM-ikoon aktiveer, sal al jou regstreekse gesprekke op jou skerm verskyn. Klik op die verstellingsknoppie (‘Settings’) sodat jy na die volgende skerm geneem kan word.

FBskerm2

Stap 3: Kies ‘People’.

FB skerm 3

Stap 4: Kies boodskapversoeke (Message Requests).

New message FBLees ook: Dis hoe die nuwe WhatsApp-veranderinge jou gaan raak

Stap 5: Op die volgende skerm sal jy die woorde “See Filtered Requests” sien. Klik daarop en siedaar! Enige boodskappe wat nie deur jou aanvaarde Facebook-vriende gestuur is nie, sal verskyn.

New filtered FB

*Volg dieselfde stappe wanneer jy Facebook op jou rekenaar of skootrekenaar gebruik. Klik op die Boodskappe-ikoon. Dit neem jou na jou boodskappe. Klik op “More” en aktiveer “Filtered”.

Wees gewaarsku: rommelposverspreiders en slenterslonse gebruik ook die boodskapgerief om, net soos met e-posse en SMS’e, jou met hul onwaarhede te treiter.

FB scam— Annelene Oberholzer

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

87-jarige pannekoek-waaghals bak op 14 panne gelyk

$
0
0

“Ek is nie ’n mens wat by die huis kan sit nie,” verduidelik tannie Marie de Lange van die Strand.

En kyk ’n mens so na wat sy in die ouderdom van 87 jaar aanvang, kan jy dit goed glo. Sy ken haar storie – en kan g’n dag stilsit nie.

Tannie Marie help al jare lank uit by die basaar van die NG Moedergemeente Strand, wat elke Vrydag gehou word. Sy het in 2007 begin en was die eerste mens daar wat op agt panne gelyk pannekoek kon bak.

Maar dis nie al wat haar so besig hou nie. Donderdagoggende staan sy op en maak die pannekoekmengsel aan (sy gebruik tussen agt en 10 pakkies meel). Nadat sy die mengsel aangemaak het, meld sy vir haar kantoorwerk aan by ’n eiendomsagent waar sy administratiewe werk doen.

Lees ook: Hartseer nuus vir tannie Evita Bezuidenhout

En Vrydagoggend slaan sy en haar vriendin om halfsewe die pannekoek-bollemakiesie. Haar vriendin bak op 10 panne gelyk terwyl tannie Marie ’n waaghals is en deesdae sommer 14 panne met pannekoekmengsel daarin aanpak.

Ná agt emmers vol pannekoekmengsel, verkoop hulle tussen 600 en 700 pannekoeke elke Vrydag.

Sy was 17 jaar lank ’n sekretaresse by die Hoërskool Wolseley sowat 19 km buite Ceres in die Wes-Kaap. Haar oorlede man het ’n kleremaatskappy op Wolseley gehad, vertel sy.

In Desember 1988 het sy en haar man besluit om in die Strand af te tree en vir sowat twee jaar het sy nog by die Hoërskool Strand as sekretaresse afgelos.

Lees ook: Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Sy verkies om besig te bly, vertel tannie Marie. So af en toe help sy by dieselfde eiendomsagent se gastehuis uit. Dan is sy vroeg uit die vere om vir die gaste ontbyt te maak.

Vrydagoggende wemel dit op die kerkterrein van die NG Moedergemeente in die Strand: wegneemkos, poeding, ’n witolifanttafel, verjaardagkaartjies, konfyt, koeke, beskuit en allerlei lekkernye.

“Ons maak wegneempakkies ook vir dié wat moet werk toe gaan,” skerts sy.

Tannie Marie se twee dogters en seun ondersteun haar lus vir die lewe. “As die Here my genade gee, sal ek bak tot ek 90 is.”

– Deur Saskia Hill

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!
Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers
Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef
‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding
Paris Jackson kry pragtige tatoe as huldeblyk aan haar pa

Kyk: Roerende oomblik toe baba vir die eerste keer sy ma duidelik kan sien

$
0
0

Dit was ’n emosionele en roerende oomblik toe ’n vier maande oue baba vir die eerste keer sy ma duidelik kan sien.

Klein Leopold Reppond, oftewel Leo, ly aan ’n seldsame vorm van albinisme wat die kleur van die lyer se hare, oë en vel aantas. Hy kan nie duidelik sien nie, maar dit het alles verander toe sy ouers, David en Erin, ’n Amerikaanse brilmaatskappy nader om ’n spesiale bababril vir hul seuntjie te maak.

Lees ook: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo

Die bril wat vir hom geskep is, het normale lense, maar die res van die bril is van ’n spesiale rubberagtige stof vervaardig wat nie skroewe, skarniere of skerp hoekies verg nie.

Die oomblik toe die mannetjie sy ma vir die eerste keer duidelik sien, is op kamera vasgevang en het soos ’n veldbrand aanlyn versprei.

In die video sit Leo se ma, Erin (35), die bril op sy oë. Leo is die eerste paar oomblikke deurmekaar en kyk af tot hy gewoond raak aan die nuwe sensasie. Sy ma probeer sy aandag kry en sê: “Hallo, liefie!” Toe Leo opkyk en sy ma sien, glimlag hy breed terug en giggel terwyl sy nog met hom gesels.

Daar was nie ’n droë oog in die huis nie, vertel Leo se pa, die rolprentvervaardiger David Reppond (39) aan Daily Mail, oor die oomblik toe Leo sy ma vir die eerste keer duidelik sien.

Lees ook: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef

Dit is nie ’n gevoel wat jy verwag nie, vertel hy. Die paartjie, wat in Seattle in Amerika woon, het hul familie oorgenooi om in die groot oomblik te deel. David het eers ’n bietjie gesukkel met die kamera omdat hy oorweldig was met emosie, maar gelukkig het hy die groot oomblik betyds vasgevang.

Voorheen het Leo met sy hande “gesien” en David het Leo elke keer aan sy baard laat voel sodat hy weet wie dit is. “Hy kan ons nou sien,” vertel David. “Hy glimlag baie meer en reageer ook meer.”

Te oulik!

– Saskia Hill

Bronne: Daily Mail; Metro

Ook op Huisgenoot.com

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan
Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe
Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie

Viewing all 9424 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>