Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sjokolade-kaaskoek

$
0
0

Lewer 1 kaaskoek
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute

KORS
1 pakkie (200 g) Romany
Creams, fyn gemaak
botter

VULSEL
2 bakkies (250 g elk) roomkaas
1 blik (385 g) kondensmelk
1 eier, geklits
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) sjokoladestukkies
5 ml (1 t) koekmeel
GANACHE
125 ml (½ k) sjokoladestukkies
60 ml (¼ k) botter

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n diep losboomtertpan van 15 cm.

  1. KORS Meng die koekiekrummels en botter en druk vas op die boom van die pan.
  2. VULSEL Klits die roomkaas, kondensmelk, eier en vanieljegeursel saam.
  3. Meng die sjokoladestukkies en meel. Hou eenkant.
  4. Giet die vulsel in die kors en bak 15 minute. Sprinkel die sjokolade oor en bak nog 20 minute of tot die middel van die koek liggies terugspring as jy met jou vinger daarop druk. Verwyder uit die oond en verkoel.
  5. GANACHE Smelt die sjokolade en botter saam en giet oor die koek. Laat staan tot gestol.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>