Die romantiesste dag van die jaar is om die draai, en baie van ons soek na maniere om ons liefdeslewe ’n bietjie op te kikker. Hoewel talle op die slaapkamer sal konsentreer, is dit ook ’n goeie idee om meer moeite in die kombuis te doen en te dink oor wat julle kan eet.
As jy verkies om nie op Valentynsdag uit te gaan nie, kan jy rissies by jou geregte voeg. En dit help boonop met gewigsverlies – ’n groot pluspunt as jy beplan om later die klere te laat waai.
Daar word al lank vermoed die klein rooirissie kan help met gewigsverlies; nou het wetenskaplikes bevestig dit kan help om jou metabolisme te versnel. In ’n studie aan die Universiteit van Wyoming is bevind kapsaïsien – die bestanddeel wat rissies so skerp maak – kan vet help verbrand. Kapsaïsien aktiveer reseptore in wit en bruin vetselle.
Wit vetselle absorbeer kilojoules en berg dit as vet. Dis hoe vetrolletjies, maagvet en bultende dye vorm – beslis nie iets waarmee jy op Valentynsdag wil sukkel nie.
Dit staan bekend as “slegte” vet, teenoor bruin vet wat in klein hoeveelhede in die skouers en nek gevind word en vet verbrand om die liggaam te verhit – dit staan bekend as “goeie” vet.
Jy kan ’n driegangete op 14 Februarie met die vurige ruisie in elke gereg berei.
Begin met iets soos salmviskoekies gemeng met ’n rooirissies, mayonnaise, dille en pietersielie, en volg dit op met ’n hoofgereg van Thaise groenkerrie of iets anders wat ook skerp is. Vir nagereg kan jy ’n sjokolade-en-rissie-tert maak – die bitterheid van die kakao sal die sterk rissie uitbalanseer.
Dit sal beslis verseker dat jy ’n witwarm Valentynsdag het sonder dat jy jou oor vetrolletjies hoef te bekommer.
© Cover Media