Dit is vanaand op die kassie:
15:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.
15:50 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se die volgende Idol soek.
18:00 Kwêla (kykNET): Dis Kwêla se spesiale Vrouedag-episode en hulle is ook op ’n splinternuwe Kwêla-stel! Finesse se vorige inspirasievrou-wenner, Jana du Plessis, kuier by Coenie op die bank. Hulle kuier ook by Katja Kowalec, ’n Suid-Afrikaner van Poolse geboorte wat die Tweede Wêreldoorlog oorleef het – sy vertel graag haar ongelooflike verhaal van oorlewing, verlies en liefde.
18:30 The Middle (M-Net): Toe Frankie se suster haar vra om hul huis op te pas, is sy en Mike gretig, want dit is ’n romantiese wegbreeknaweek vir hulle.
19:00 Beauty And The Beast (M-Net): Kat en Vincent moet ’n romantiese bestemming uit die verlede gaan besoek om Sam se ware agenda uit te vind.
19:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.
19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.
19:30 Wipeout (SABC2): Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.
20:00 Date Night (e.tv): ’n Verveelde egpaar van New York se romantiese afspraak verander in ’n meer opwindender en gevaarliker aand toe iemand hulle met ’n ander paartjie verwar.
21:00 The Leftovers (M-Net): Nora gaan New York vir ’n konferensie en ontdek iemand anders gebruik haar identiteit.
22:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden help Jenny. Alan tel moeilikheid op by sy vriendin se eks-vrou.